GEORGE NEWS - Die AfriForum-tak in George het op 26 Februarie ‘n opleidingsessie aangebied en ’n hommeltuigdemonstrasie is ook gehou.
Die geleentheid is by Oppie Plaas Venue gehou en het hoofsaaklik op gemeenskapsveiligheid en die jeug gefokus.
Enigiemand kon die funksie bywoon. Daar was sowat 60 gaste, terwyl lede van ander AfriForum-takke ook verteenwoordig was. Hommeltuigvlieëniers van so ver as Hermanus, De Doorns en selfs Klerksdorp was by die funksie.
Opleiding het onder meer regsaspekte met betrekking tot patrollies en selfverdediging ingesluit. Petri van der Walt, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorpstrukture, het die jeug meer vertel waarmee AfriForum Jeug betrokke is. Die aand is afgesluit met ’n hommeltuigdemonstrasie en ’n vingerete.
Volgens Eduan Naudé, voorsitter van AfriForum se George-tak, was hierdie geleentheid die eerste van ’n reeks veiligheidsopleidingsprojekte, jeug- en ander aktiwiteite in die groter gemeenskap van George.
“Ons wil ’n gevoel van samehorigheid tussen die AfriForum-takke in die Suid-Kaap bewerkstellig om sodoende samewerking te bevorder, veral op die gebied van gemeenskapsveiligheid en jeug. Ek dink hierdie geleentheid was die eerste stap in die regte rigting om daardie doel te bereik,” sê Naudé.
Om by AfriForum se George-tak betrokke te raak SMS “George” na 45350 (R1).
Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, besig met opleiding in regsaspekte.
Kobus Kuyler, ’n deskundige op misdaadtoneelhantering, bied opleiding aan.
Deon Steyn, AfriForum se bestuurder van die lugsteuneenheid, bied opleiding aan.
- Die hommeltuigvlieëniers van die nabygeleë AfriForum-takke wat die geleentheid bygewoon het is van links: David Olivier, Lourens Theron, Charl de Goede, Johan Crous, Petri van der Walt, kol. Anton Oosthuizen, Etienne de Kock en PW Steinberg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'