Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Burgerregte-organisasie Afriforum se Suid-Kaapse koördineerder, Arno Greyling, en voorsitter van die George-tak, Pieter Nel, het gister, 2 Mei hul jaarlikse SkoonWater-projek by die Rosemoor-ouetehuis geloods deur 'n drinkwatertoets daar te doen.
Toetse is ook gedoen op die rioolwatergehalte.
Finale uitslae van die toetse sal oor vier dae beskikbaar wees. Indien daar 'n aanduiding is dat daar 'n probleem met die gehalte is, sal laboratoriumtoetse volg, volgens Greyling.
Volgens Greyling, is die loodsing van die projek deel van 'n maandlange program in Mei wat deel vorm van hul AnkerdorpPadskou waarmee hulle gemeenskappe meer bewus wil maak van Afriforum se aktiwiteite. Takke landwyd is gemobiliseer om die drinkwater- en rioolwatergehalte in dorpe waar daar aktiewe AfriForum-takke is, te toets.
Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se projekkoördineerder vir omgewingsake, het die departement van water en sanitasie (DWS) die laaste amptelike Blou- en Groendruppelverslag sewe jaar laas gepubliseer. "Ons kan nie langer op die staat vertrou om veilige water te verskaf nie en daarom toets ons self die watergehalte."
Die organisasie het in 2018 met sy blou-en-groendruppelprojek verseker dat bykans 186 dorpe se drinkwatergehalte op peil is.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'