GEORGE NUUS - Die 27ste Oktober 2021 is die begin van 'n nuwe fase in jul jong en ontluikende akademiese loopbane, dit is die begin van jul finale eksamens.
Ten spyte van al die uitdagings waar- voor julle die afgelope paar jaar te staan gekom het, het julle hard gewerk en hard baklei om hier uit te kom.
Die Covid-19-pandemie het julle voorberei vir die lewe se dikwels moeilike uitdagings. Dit is nou tyd om hierdie volharding in te span om die volgende uitdaging die hoof te bied. Hierdie eksamens is twaalf jaar in wording en verteenwoordig die hoogtepunt in jou reis as leerder.
Dit is daarom uiters belangrik om hard te studeer en jouself tot die beste van jou vermoë voor te berei op die taak wat later hierdie maand en volgende maand voorlê. As 'n jong persoon in ons land het jy 'n belangrike rol om te speel in die vorming van ons samelewing, en dit begin nou.
Daar sal senuwees wees, dit is vir ons almal die geval wanneer ons iets nuuts of onbekends teëkom, maar moenie moed verloor nie. Dit sal goed wees om kalm te bly tydens die eksamens.
Bly gefokus, hou jou oog op die prys - om uitstekende resultate te behaal wat vir jou deure gaan oopmaak en jou hele toekoms gaan vorm.
Matriekklas van 2021, hierdie is julle oomblik. Gebruik die tyd wat jul gegun is om goed voor te berei. Julle het die steun, goeie wense, gedagtes en gebede van hierdie hele George munisipale gebied. Moenie moed verloor nie, kyk die uitdaging vierkantig in die oë en oorkom dit.
Sterkte aan julle almal, maak ons trots.
Uitvoerende Burgemeester, Leon van Wyk
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'