GEORGE NUUS - 'n Vermeende winkeldief is ernstig beseer ná 'n voorval by 'n huiswinkel in Houtkapperstraat in Andersonville op Sondag 12 April.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het die 28-jarige roofverdagte die perseel betree en die winkeleienaar met 'n mes en 'n speelgoedwapen gedreig.
"'n Bakleiery het ontstaan waarna die winkeleienaar met die mes gesteek is.
Die winkeleienaar kon daarin slaag om die mes by die roofverdagte weg te vat, waarna hy op sy beurt die verdagte met die mes bygedam het," sê Spies.
Albei mans is met ernstige beserings na die hospitaal geneem. In hierdie stadium is niemand nog in hegtenis geneem nie en meer aanklagte kan bygevoeg word namate die ondersoek ontvou.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'