GEORGE NUUS - Tannie Annie de Swardt, gebore Botha, word Dinsdag 28 Junie 2022 een honderd jaar oud!
Sy is gebore op 'n plaas, Noetsekamma, buite George en bly haar lewe lank daar. Sy is die oudste van agt kinders, waarvan nog net sy en haar jongste broer Sydney, wat op dieselfde dag 80 word, nog leef.
Alhoewel die bene haar pla, bly sy nog in haar eie huis en is sy nog steeds aktief; lees, hekel, luister radio en knie elke week nog haar eie deeg vir brood.
Haar geheue is nog wonderbaarlik goed.
Sy het twee kinders, vier kleinkinders en twee agter-kleinkinders.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'