Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Meer as 100 inwoners van die Tuiniqua-sentrum vir seniors bring vandag hul stemme uit by 'n tydelike stemlokaal wat die OVK daar opgestel het.
Lina Aucamp (85) sê sy hoop die nuwe raadslede hou by die beloftes wat hulle voor die verkiesing maak.
Dis elkeen se plig om te stem want dit bepaal waarheen ons op pad is as 'n dorp, meen sy.
Coenie Ritter (79) sê dis belangrik om te stem om te verseker dat die persoon wat hy glo die beste diens kan lewer op die raad sal sien.
Hannetjie Pienaar meen raadslidposte moet geadverteer word en opgeleide mense moet daarvoor aansoek doen sodat die beste gekwalifiseerde persone aangestel kan word.
Mense wat 'n spesiale stem uitbring, kan stem van 08:00 tot 17:00 vandag en môre.
VIDEO: George Herald gesels met seniors wat stem
VIDEO: Seniors stem
Coenie Ritter
Lina Aucamp
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'