Kansa moedig Suid-Afrikaanse vroue aan om saam te staan teen kanker deur verantwoordelikheid vir hulle eie gesondheid te neem.
Sue Janse van Rensburg, Kansa se hoof- uitvoerende beampte, is 'n vrou wat baie rolle vertolk het - dié van leier, kankervegter en kankeroorwinnaar vir 29 jaar. Sy glo dat die gesondheid van ons vroue die hoeksteen vir Suid-Afrika se toekoms is.
"Ons as vrouevegters kan hierdie stryd saam aansê en oorwin. Die keuse van 'n gesonde, gebalanseerde lewenstyl en die vermyding van kankerveroorsakende middels (soos om te rook) kan ons risiko van kanker in die algemeen, en veral van vrouekankers in besonder, verminder," sê sy.
Kanker is een van die ernstigste siektes wat vroue in die gesig staar, met een uit elke 29 vroue wat met borskanker en een uit 36 met servikale kanker gediagnoseer word – die mees algemene kanker onder swart vroue in Suid-Afrika. Sy sê gereelde ondersoeke kan ook kankerrisiko verminder of die herha-ling van kanker voorkom.
Kansa se voorste wenke om kankervry te lewe
- Eet slim en gesond. Wees kankerslim wanneer jy jou kos uitsoek, voorberei en geniet. Vermy geprosesseerde kosse en eet baie vars groente en vrugte.
- Oefen en vermy stres. Lewe 'n gebalanseerde en aktiewe lewenstyl. Oefening is noodsaaklik om immuniteit en krag op te bou. As jy fiks is sal jou daaglikse verantwoordelikhede makliker wees om na te kom.
- Vermy alkohol en tabak. Beperk alkoholgebruik of vermy dit geheel en al en vermy die gebruik van tabakprodukte.
- Gaan vir gereelde opsporingstoetse en mediese ondersoeke. Doen maandelikse bors-
- ondersoeke en gaan minstens elke twee of drie jaar vir 'n papsmeer.
- Vestig 'n ondersteuningstelsel. Soek die geselskap op van diegene wat jou inspireer, hetsy familie of vriende, en spandeer opbouende tyd saam met hulle.
- Vind daagliks inspirasie. Voed jou gees en siel daagliks met opbouende gedagtes wat jou 'n doel en sin aan jou lewe sal gee. Gebed en positiewe oordenkings kan jou geestelike welvaart bevorder.
- Koester 'n positiewe gesindheid en 'n sin vir humor. Die hou van 'n dankbaarheidsdagboek is 'n goeie manier om jou aandag op die positiewe te fokus. Om te lag is die natuur se medisyne en dit versterk jou immuniteit. So doen dinge somtyds net vir die pret!
- Voltooi behandeling. Voltooi die behandeling soos deur jou mediese en sorgspanne voorgeskryf as jy siek is.
- Gaan vir gereelde opvolgbesoeke. Handhaaf 'n gebalanseerde lewenstyl en gaan vir gereelde ondersoeke selfs ná remissie om die terugkeer van kanker te voorkom.