GEORGE NUUSFLITS - Johanna Carolus, die oudste inwoner van George het vandag (26 Julie), haar 102de verjaarsdag saam met vriende en familie by haar huis in Blanco gevier.
Die partytjie is deur George-munisipaliteit gereël. Johanna, algemeen bekend as Tittie Henna, was die middelpunt van aandag met haar pienk jas en ‘n kroon op haar kop.
Eva Carolus, Tittie Henna se jongste suster, sê toe Johanna jonger was, was sy ‘n baie streng mens, “Sy was gefokus op eksie-perfeksie, hardwerkend en het tot 80 jaar oud nog hout uit die bos gedra.”
George-burgemeester, Melvin Naik, en wyksraadslid van wyk 1, Jean Syfers, het ook die partytjie bygewoon.
Tittie Henna saam met haar versorger, Muriel de Villiers. Tittie Henna is al 52 jaar in Muriel se sorg.
Lees meer in volgende week se uitgawe van die George Herald.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'