GEORGE NUUS - Die tema van Outeniqua Dames Aktueel se volgende vergadering is ' Skoonheid vergaan, maar deug bly staan'.
Dit vind plaas op 23 April om 19:00 by Emmaüs.
Mendril de Kock, verbonde aan die Home to Eden Medispa se ShampU-verbond, sal interessante feite oor velsorg, grimering en hare met lede deel.
Daar gaan ook ‘n praatjie oor bykomstighede wees. Besoekers is welkom teen R50.
Vir meer inligting, bel Magdaleen Smook by 044 873 6568 / 074 977 1986 of Louie Meyer by 044 874 6523 / 084 525 2130.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'