Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Lede van die SA Senior Fiksheidsvereniging (Sasfa) het verlede Donderdagoggend gedemonstreer hoe hulle op 'n prettige manier fiks bly deur gaste by hul jaarlikse teefunksie te vermaak met 'n vertoning van oefenroetines op die maat van opgewekte musiek.
Dit was 'n gesellige oggend in die NG George-Suid gemeente se saal. Pryse is ook uitgedeel in 'n gelukstrekking en versnaperinge en tee is voorgesit.
Sasfa-oefensessies word twee keer per week aangebied deur Dolores van Tonder, 'n gekwalifiseerde Sasfa-instrukteur.
'n Klein lidmaatskapsfooi is betaalbaar. Die oefenprogram en gepaardgaande sosiale interaksie help om spanning en angs in ouer persone te verlig en die oefeninge verbeter balans, soepelheid, koördinasie, stamina en spierkrag.
Van Tonder nooi ouer persone om te kom saam oefen. Bel haar by 076 296 0060 vir meer inligting.
Kyk 'n video hieronder:
Dolores van Tonder (voor) lei 'n groepie seniors in een van die prettige oefendemonstrasies.
Van die gaste wat die oggend saam met Sasfa geniet het, van links: Tina Holder, Nicoline van Schalkwyk, Magda Zeelie, Teresa Barnard, Bets Heinen en Tersia Steyn.
Dolores van Tonder, Sasfa-instrukteur, Sunette Moolman en Sandy Lategan, tesourier van die George-tak van Sasfa. Foto's: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'