GEORGE NUUS - Die inwoners van die Tuiniqua-versorgingsentrum is al weer op die vermaaklikheidspad. Onder die ervare leiding van Coenie Ritter bied hulle op Vrydag 25 Mei om 15:00 'n verskeidenheidskonsert aan wat in alle opsigte reg laat geskied aan die woord 'verskeidenheid'.
Daar is koorsang, toneelspel, solosang, voordrag, musiek, en om alles te kroon, ballet.
Al die deelnemers is inwoners van die sentrum en hulle bewys weereens dat 'n mens nie noodwendig jou talente verloor met die jare wat aanstap nie. Almal is welkom om in die pret te deel wat vermaak aan oud en jonk sal verskaf.
Dit vind plaas in die Bennie Meiringsaal op die terrein.
Geen toegang word gevra nie, slegs 'n donasie om die kostes te dek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'