Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Options Care Centre se naam sê dit die beste, die sentrum bied reeds 22 jaar aan jong vroue en families keuses rondom moeilike situasies in hul lewens.
Laurie Edwall, die direkteur van die sentrum, sê hul nuwe perseel in Nelson Mandela Boulevard is naby en toeganklik.
"Ons is so bly om ons eie huis te hê. Dit gaan so 'n groot verskil maak en ons sal baie meer lewens kan verander."
Die nuwe huis het enkel en dubbel konsultasiekamers, 'n kamer waar mense deur 'n verpleegster ondersoek word en dan is daar kamers wat vir verskeie projekte gebruik word.
Die sentrum bied ondersteuning wanneer families en jong mense deur moeilike tye gaan en probeer om 'n veilige plek te skep waar mense met iemand kan gaan praat en weer kan herstel.
Die Options-personeel by die bekendstelling van hul nuwe perseel in Albertstraat is agter, van links: Lora Rautenbach, Xoliswa Qampi, Laurie Edwall (direkteur), Vuyelwa Mpisani, Anita Viviers en Monia Bredenkamp. Voor is Jeanette Pietersen. Afwesig: Janet Bradfield.
Kyk 'n video hieronder:
George Herald verstaan die huis help ook families en jong ma's met kos en klere vir hul babas en het projekte wat 'n stabiele inkomste bied vir vroue en hul families. Die huis geniet reeds vir 22 jaar die ondersteuning van verskeie besighede en privaat individue, soos die Opperman-paartjie, Sydney en Agnes.
Sydney is 'n oudburgemeester van George, wat meer as 20 jaar gelede die lint geknip het toe hulle 'n Options-huis bekendgestel het en het weer Vrydag sy ondersteuning gaan wys.
Besoek Options by 54 Nelson Mandela Boulevard en gee 'n donasie of van jou tyd.
Kyk 'n video hieronder:
Die nuwe Options Care Centre in Nelson Mandela Boulevard.
Sydney en Agnes Opperman, oud-burgemeesterspaar van George, het ook Vrydag se geleentheid bygewoon.
Lees 'n vorige artikel: Options Care Centre opens new premises
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'