GEORGE NUUS - Die eerste vyf jaar van sy lewe het Corné Snygans (7) van George, in en uit die hospitaal deurgebring. Hy het verlede jaar vier operasies ondergaan. Die klein dapper seuntjie is verlede jaar uiteindelik na 'n spesialis verwys wat hom met Hirschsprung se siekte gediagnoseer het.
Dit beteken Corné is gebore sonder sekere senuweepunte in die spiere wat sy dikderm laat werk.
Dit is hoekom hy geweldig vinnig hardlywig raak, 'n baie hoë koors ontwikkel en onmiddellik behandeling moet kry.
Tydens die laaste paar operasies is daar aan sy dikderm gesny om 'n reeks toetse te doen, en op die oomblik het hy 'n stomasakkie wat gereeld vervang moet word. Die sakkies, en dit wat daarmee gepaard gaan, kos die familie sowat R3 500 per maand, maar die mediese skema dek nie alles nie.
Dokters hoop om met nog een operasie in Kaapstad, hopelik aan hom 'n normale lewe te bied. Sy ouers Gerrit en Chantal Snygans, sê die operasie gaan hulle R52 000 kos.
"'n Gedeelte daarvan word gedek deur ons mediese skema, maar die res nie. Dis omdat een van die dokters reeds semi-afgetree is."
Cornê Snygans tydens 'n onlangse besoek aan die hospitaal.
Fondsinsameling
Corné se familie probeer intussen om self fondsinsamelingsfunksies te hou, met een groot funksie wat op 28 Maart by die NG Moedergemeente in Courtenaystraat sal plaasvind.
Vir meer inligting hieroor, kontak Gerrit by 082 838 1169.
Corné se familie probeer intussen om self fondsinsamelingsfunksies te hou.
Dokters hoop om met nog een operasie in Kaapstad, hopelik aan hom 'n normale lewe te bied.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'