GEORGE NUUS - Die NG Kerk George-Suid hou op Vrydag 7 September 'n bielie van 'n Lentefees. Dit begin om 17:00 by die kerksaal.
Gemeentelede gaan weer 'n groot verskeidenheid vir besoekers opdis, van vleis, vetkoek en pannekoek tot hamburgers, gebak, groente en nog meer. Daar sal ook 'n witolifanttafel wees.
Opwindende pryse is op die spel in die George-Suid Koekedoortjie 2018-kompetisie vir kinders van vyf jaar en ouer. Inskrywings is gratis. Seuns ouer as agt jaar kan ook inskryf vir 'Jan Braaitjie'. Volwasse toesig is nodig in die braaikompetisie.
Bel Marina Brink by 082 430 8102 vir meer inligting oor die twee kompetisies.
Daar is nog vele ander aktiwiteite wat die jongspan sal besig hou terwyl ouers koop en kuier.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'