NASIONALE NUUS - September is kinderkanker-bewusmakingsmaand.
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beklemtoon gedurende die maand die belangrikheid daarvan om die publiek bewus te maak van kinderkankers.
Ongeveer 80% van alle kinderkankergevalle vind plaas in lae- en middelinkomste lande, maar minder as 'n derde van kinders word in hierdie lande gediagnoseer en van diegene wat behandeling kry oorleef 'n skrale 20%.
Kinderkanker is hoogs geneesbaar met oorlewingskoerse van ongeveer 80% in ontwikkelde lande, maar in lae- en middelinkomste lande sterf tienduisende kinders elke jaar onnodig aan die siekte - met die meeste sterfgevalle sonder enige effektiewe pynverligting.
Swak diagnose tesame met te min spesiale opgeleide dokters en verpleegsters en die verkeerde oortuiging dat kinderkanker te moeilik is om te behandel kombineer in 'n baie lae oorlewingsyfer.
Trouens, ten minste 50% van die kinderkanker wat hulpbron-arm omge-wingsbehandeling kry met relatief eenvoudige en goedkoop medisyne en prosedures wat al dekades lank aan dokters bekend is, oorleef.
Dit is belangrik om kennis te dra van die waarskuwingstekens van kanker by kinders.
Die mees algemene kankers onder kinders is leukemie, limfoom, breingewasse, sarkoom of kwaadaardige gewasse, Wilms-gewas, retinoblastoom en kiemsel-gewasse.
Leukemie is die mees algemene kanker onder kinders.
Lees meer oor mites en feite.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'