Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - New Dawn Park Primêr het nuwe inspirasie gevind om leerders positief besig te hou.
Volgens Ruth Miller, die waarnemende hoof, het hulle 'n stukkie grond beskikbaar gehad en is daar met die hulp van 'n ouer, Maria Belelie, met 'n groentetuin begin.
Maria het groen vingers en weet van tuinmaak. Dit is haar passie om tuin te maak, of dit nou blomme of groente is. Sy is net bly as sy kan sien hoe die grond omskep word in 'n pragtige tuin wat mooi dra. Belelie bewerk die afgelope twee maande die tuin en sien reeds resultate. Sy het ook hulp van 'n paar seuns uit die eenheidsklas by die skool.
Volgens Zaida Tait, wat dié klas behartig, is dit baie goeie blootstelling vir hierdie kinders, wat heel moontlik nie na 'n hoofstroom hoërskool kan gaan nie. Tait sê sulke eerstehandse kennis van tuinmaak, kan ook 'n toekoms vir een van hulle vorentoe wees.
Sy en die res van die klas help ook om die tuin skoon te maak.
Van die groente wat uit die tuin kom, gaan 'n gedeelte vir die skool se gebruik, 'n gedeelte gaan vir haar om te verkoop, en die seuns kry elkeen 'n gedeelte vir hulle hulp.
Maria Belelie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'