So watter sektore het naaste aan die publiek se harte gelê? 34 % van die deelnemers het 'n C-plakker gekies, wat kinders verteenwoordig, so kinders was die sektor wat die meeste ondersteun is.
Hierdie jaar bied die Tekkie Tax-span jou weer 'n geleentheid om te wys waar jou hart lê op Vrydag 30 Mei. Die publiek word gevra om 'n Tekkie Tax-plakker aan te skaf vir 'n R10-donasie.
Daar is vyf verskillende plakkers om van te kies, elkeen verteenwoordig 'n spesifieke afdeling van dienslewering. Afhangende van waar jou hart lê, kies jy een of meer van die afdelings wat jy wil ondersteun met jou R10-plakker donasie:
- Allerande DIERE
- Basiese FAMILIE dienste
- Cool KINDERS
- Dienslewering aan GESTREMDES
- Essensiële ONDERWYS
Jy kan selfs jou tekkies optooi deur 'n paar van hulle super oulike skoenveters "Tekkie Tags" aan te skaf vir 'n R30-donasie en die plakker van jou keuse is ingesluit.
Ondersteun Tekkie Tax dag op Vrydag 30 Mei.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'