GEORGE NUUS - 'n Demensie-werksessie, wat fokus op die begrip van en versorging van mense wat met demensie leef, word op Saterdag 30 Mei by Bergsig-gemeente van 09:00 tot 13:00 aangebied.
Die werksessie sal ook aandag gee aan die uitdagings, emosionele druk en risiko's wat versorgers van alzheimer- en demensiepasiënte ervaar.
Die aanbieder, Adri Swiegers van Psycho-Social Services, is 'n geakkrediteerde maatskaplike werker in privaat praktyk met 'n BSW Hon-graad. Sy sal deelnemers deur verskeie belangrike onderwerpe lei, insluitend wat demensie en Alzheimer se siekte behels, die waarskuwingstekens en simptome, die verloop van die siekte, asook behandeling en ondersteuning.
Onderwerpe soos die sewe fases van demensie, effektiewe kommunikasie met pasiënte, die verskil tussen normale veroudering en demensie, en praktiese stimulasie-aktiwiteite sal ook bespreek word.
Daar sal verder gefokus word op die impak van versorging op families, die spanning wat versorgers ervaar en hoe hulle ook na hul eie welstand moet omsien.
Die werksessie sluit praktiese aktiwiteite, groepbesprekings en selfevaluerings in om deelnemers beter toe te rus met kennis en vaardighede.
Kaartjies, teen R100 per persoon, kan by Quicket gekoop word.
Dit is 'n halfdagsessie en sluit ligte verversings en drinkgoed in.
Vir meer besonderhede kontak die Bergsig-kerkkantoor by 079 136 8107.
Demensie werkswinkel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’