Video
LEEFSTYL NUUS - Daar is dinge wat net 'n ma kan doen, of wat sy beter as 'n pa kan doen.
George Herald het 'n klompie kinders gevra wat hul mammas kan doen waarmee hul pa's glad nie kan help of waarmee hulle net eenvoudig nie so goed is nie.
Kommentare het gewissel van ma's wat kan skoonmaak en vee, lekkerder kos kook, 'n bababoetie bottel gee sonder dat hy verstik, hare vleg en lekker drukkies gee.
'n Ma kan grimering en 'n bikini dra en netbal speel. En mamma leen haar foon vir jou om op te speel, en sy is altyd baie lief vir jou.
VIDEO: Kyk na 'n video waar die kinders oor hul ma's gesels:
Amy Lee Vaaltuin sê mammas gee lekker drukkies. Foto: Maruschka Maree
Yaziyah Febana se ma kook lekker spaghetti, leen haar foon vir haar om op te speel en het haar baie lief. Foto: Alida de Beer
Miané van Schalkwyk sê haar ma kan vir haar boetie bottel gee, maar pappa laat hom verstik. Foto: Alida de Beer
Lia Barnard sê haar ma kan grimering dra, wat haar pappa nie kan doen nie. Foto: Alida de Beer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’