SUID-KAAP NUUS - Calitzdorp het drie groot bates, naamlik wyn, 'n besondere koskultuur en gasvryheid, en elkeen hiervan kom hierdie naweek tot sy reg tydens die Winterfees. Die Winterfees is een van die hoogtepunte op die dorp se kalender.
Die fees, wat die hele gemeenskap betrek, spog met verskeie fasette en die hoof-feesaktiwiteite vind by die Calitzdorp-stasie plaas.
Die Winterfees begin Vrydagaand, 15 Junie om 18:00 met 'n langtafeldinee in die ou goedereloods by die Calitzdorp-stasie.
Vir meer inligting en besprekings besoek www.calitzdorpwinterfestival.co.za.
Boeke om van te kies en keur.
Een van die kleurvolle stalletjies tydens verlede jaar se winterfees. Foto: Tisha Steyn
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Klein Karoo nuus'