GEORGE NUUS - As jy in Borcherds 'n paar draaie ry sien jy 'n huis met 'n dak stampvol pampoene gepak. Dit is regte, egte eetbare pampoene. Die huis behoort aan Bill Johnnson wat self die pampoene kweek.
Die 72-jarige Johnnson het aan die George Herald vertel dat hy die pampoene op 'n stukke grond by Gwaiing kweek. Wanneer dit reg is, karwei hy dit na sy huis in Borcherds.
Hy woon sal sedert 1993 op dieselfde erf. Hy het later jare net 'n behoorlike huis daar gebou.
Hy het grootgeword op Oudtshoorn en het nog altyd van die plaaswerkery gehou. "Ek is nie 'n stoelsitter nie," vertel hy. Op die oomblik is daar sowat 30 pampoene op sy dak. Hy kweek die pampoene om self te eet en soms verkoop hy dit. Dit gebeur dat mense in die omgewing stap en die pampoene sien. Hy verkoop dit gewoonlik teen R50 per pampoen. Van die mense bied hom net R10 tot R20 per pampoen aan.
Die pampoenkwekery is eintlik 'n stokperdjie, maar "ook harde werk".
'n Dak vol pampoene. Die huis in Borcherds trek aandag.
Hy sal graag wil sien dat meer mense hul eie groente produseer om aan hulle voedselbehoeftes te help voorsien.
Hy bêre die pampoene op sy dak om dit te beskerm teen knaagdiere. "Hier is te veel rotte en muise."
Omdat die pampoene op die dak is, word dit ook nie gesteel nie. "Mense kan nie op die dak klim nie."
Die pampoene op die dak van Bill Johnnson se huis in Borcherds.
Die pampoene op die dak van Bill Johnnson se huis in Borcherds.
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'