GEORGE NUUS - Geestelike leiers van verskillende kerke in Rosedale het onlangs 'n gesamentlike kerkdiens by die Rosedalegemeenskapsaal gehou.
Hierdie inisiatief van wyksraadslid Edmund Bussack poog om die geweldige kwessie van misdaad in die gemeenskap aan te spreek.
"Inwoners gaan gebuk onder bendegeweld en ander kriminele bedrywighede. Misdaadbekamping het dringende aandag nodig," het Bussack gesê.
Na afloop van die kerkdiens is ‘n forum vir geestelike leiers tot stand gebring.
Die Rosedale-buurtwag is tans aktief in die woonbuurt en is in noue kontak met George-munisipaliteit en die Pacaltsdorp-polisiediens.
Wyksraadslid Edmund Bussack (voor links) en geestelike leiers van verskillende kerke in Rosedale het vergader om die misdaad in die gebied aan te spreek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'