Gallery Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - Korrekte spelling was aan die orde van die dag tydens die WOW-spelfees se distriksfinale op Saterdag 2 September wat by Pacaltsdorp Primêre skool plaasgevind het.
Talle skole van sovêr as Beaufort-Wes, Knysna, Albertinia, Murraysburg, Oudtshoorn, Mosselbaai en Riversdal het die distriksfinale van die spelkompetisie bygewoon.
Die Afrikaanse spelkompetisie wat strewe om prestasie by leerders te versterk, laat gr.1 tot gr.10-leerders toe om hul spelvermoë ten toon te stel.
Die WOW-spelfees word deur die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch (US) aangebied.
'n Groep deelnemers spog met hul sertifikate.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD INTERNIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'