TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Vrydag: Swart Vrydag (na Amer. Eng. Black Friday, die dag n.d. Amer. Thanksgiving-feesdag) Laaste Vrydag van November waarop kleinhandelaars aanloklike, spesiale aanbiedinge het wat tot 'n besonderse groot omset lei: Luidens sy (die kettingwinkelgroep se) handelsopdatering, vir die nege maande tot einde Desember 2019, het rekordverkope op Swart Vrydag gehelp om die negatiewe impak van beurtkrag in Desember te negeer (Netwerk24, 17 Febr. 2020, E).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’