Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Motorfietsryers vanoor die Tuinroete en Klein-Karoo kon nie meer wag om die wind in hul hare te voel nie en daarom is daar ‘n ontbytrit na Braaikraal in Oudtshoorn gereël.
Die reën en wind kon nie ongeveer 150 motorfietsryers stuit om vanoggend (Sondag 28 Junie) die pad te vat nie.
Gesellig het hulle by Paddagat-winkelsentrum bymekaar gekom.
Al wat ‘n tipe motorfiets is het die tog via Mosselbaai aangepak.
Kyk 'n video hieronder
Motorfietsryers verkeer gesellig voordat hulle die rit na Oudtshoorn aanpak.
Volgens Kurt Johnson, organiseerder van die toer, was die doel van die rit sodat motorfietsryers dit "net kan geniet".
"Motorfietsryers is altyd betrokke met fondsinsamelings, maar hierdie keer is dit net vir die genot en vryheid na die grendeltyd," het hy gesé.
Ongeveer 150 motorfietsryers het aan 'n massarit deelgeneem.
Voor die rit het die motorfietsryers ‘n geborgde ontbyt en koffie deur Garden Route Motorcycles geniet.
Nadat hulle gesellig verkeer het, het hulle die pad aangedurf.
Voor die massarit was daar 'n heerlike ontbyt geborg deur Garden Route Motorcycles.
Aan die einde van die massarit was daar ‘n gelukstrekking ter waarde van R10000.
Motorfietsryers op pad na Oudtshoorn.
Bennedette Landman, een van SA se finaliste in Mev Heelal, was die inisieerder van die rit wat ook deur SABC 2 gedek is. Landman is sedert haar aanwysing as een van die land se agt Mev Heelal-finaliste in Maart, by tientalle gemeenskapsprojekte betrokke.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'