GEORGE NEWS - The George Municipality issued the following statement regarding news reports that appeared over the past few months on the relocation of the George Mediclinic.
The biggest challenge for the Mediclinic group was to find suitable land for the relocation of their facility. When the George Municipality became aware that the Mediclinic wanted to relocate, it advised that the development proposal was in opposition to the development framework of George.
In fact, this information was already shared with the Mediclinic group in 2015.
It can be mentioned that the recent application on erven 25538 en 25541 was not only for a hospital, but would have resulted in the expansion of the urban development edge to add a further 29 hectares to the spatial budget over the medium term, of which the hospital would take up only 5,4 hectares.
Over the short term, the proposed development would have accommodated about 1,6 hectares business use and over the medium term, another hotel and conference facilities, education, and production.
This proposal would have brought about a new node that would have had an effect on existing nodes, namely the Meander node and the central business district, since adequate, serviced property is still available within the impact sphere of the aforementioned nodes.
The range of facilities as proposed on erven 25538 and 25541 can therefore be accommodated within the urban edge without undermining the vitality of the existing investments.
The proposal was therefore not considered compatible with the values and goals of the George spatial development framework.
In terms of the act on spatial planning and land management, the decision maker is not authorised to support a development proposal that does not confirm the development trajectory and strategic outcomes of the spatial development framework.
The executive mayor has stated unequivocally that he wants to see the relocation of the Mediclinic in George become a reality, without disadvantaging rights and compromising municipal by-laws or ordinances in the process.
George Municipality is in the process of reviewing the development framework and the process will be finalised by the end of March 2018.
Further background on the motivations behind decisions taken by the George planning department.
Volhoubare groei vir groeiende George
Raadslid Gert Niehaus (portfolio: ruimtelike ontwikkeling) en Delia Power, hoof van die beplanningsafdeling by die George-munisipaliteit, het die volgende artikel gestuur om die motivering te verduidelik agter besluite wat die afdeling neem.
Baie vrae het onlangs opgekom oor die faktore wat die munisipale administrasie oorweeg wanneer daar besluite geneem word oor nuwe ontwikkelings.
Wanneer daar in die media berig word oor ‘n ontwikkeling wat nie deur die munisipaliteit gesteun word nie, word daar dikwels ‘n persepsie voorgehou dat die munisipaliteit gekant is teen nuwe ontwikkelings.
Die munisipaliteit verwelkom egter nuwe ontwikkeling en poog om toegewyde ondersteuning te bied ook aan bestaande ondernemings wat groei omdat dit die tasbare uitdagings van sosiale opheffing en armoede aanspreek.
Dit is ‘n gegewe dat groei en ontwikkeling, verandering in die struktuur van die dorp meebring en effektiewe bestuur van verandering is van kritiese belang om kwaliteit leefomgewings en ‘n lewensvatbare ekonomie te bevorder.
Stygende leefkostes is ‘n realiteit en wanneer ons daarin slaag om volhoubare ontwikkeling voort te bring, dan kan ons daarin slaag om die behoeftes van die huidige gemeenskap te bevredig op ‘n wyse wat nie die vermoë van toekomstige gemeenskappe sal ondermyn om ook hulle behoeftes te bevredig nie.
Die instrument waardeur die konstante veranderende stadsmileu bestuur word is ‘n Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk(ROR).
George Munisipaliteit het sedert 2013 ‘n drastiese omkeerstrategie aangeneem met goedkeuring van sy ROR.
Dit is ‘n beleidsdokument wat onder meer die intensie, beginsels en fasering van die stad se ontwikkelingsagenda aantoon.
Dit is ‘n belangrike verwysingsraamwerk wanneer die meriete van ‘n ontwikkelingsvoorstel oorweeg word. Dit verleen nie ontwikkelingsregte nie, en kan ook nie gevestigde ontwikkelingsregte wegneem nie.
Dus word elke ontwikkeling steeds op sy eie meriete oorweeg.
Die grootste uitdaging van volhoubare ontwikkeling is die ekonomiese lewenskragtigheid (bekostigbaarheid) van die munisipaliteit in die lig van stygende operasionele kostes.
Die kostes kan slegs gedek word deur direkte dienstegelde en belastings.
Die fisiese vorm en karakter waarvolgens ‘n stad ontwikkel beïnvloed grootliks die bekostigbaarheid van die bestuur en onderhoud van die stad.
Toegewyde ondersoeke en navorsing bewys onteenseglik dat onbeheerde ekstensiewe ontwikkelingspatrone geweldige hoë operasionele kostes vir die munisipaliteit meebring.
Gedesentraliseerde ontwikkeling buite die bestaande stedelike voetspoor ondermyn die ekonomiese energie van bestaande nodusse waar daar nog hoë potensiaal vir groei bestaan.
Dit laat ondernemings in bestaande nodusse ekonomies kwesbaar en kan lei tot stedelike verval en agteruitgang. Die ROR oormerk wel gebiede vir toekomstige ontwikkeling, tog kwalifiseer so ‘n gebied nie vir ontwikkeling buite die prioritisering, konteks en doelstellings van die ROR nie.
‘n Ontwikkelingsvoorstel moet dus demonstreer tot watter mate die bepaalde doelstellings van toepassing op die ruimtelike konteks en ligging van die eiendom nagestreef word.
Die stedelike grens is ‘n belangrike meganisme in ruimtelike beplanning waardeur stedelike groei en ontwikkeling bestuur word. In belang van ‘n effektiewe en volhoubare stedelike struktuur sal so ‘n stedelike grens bepaal word deur onder meer die ruimtelike begroting van beskikbare vakante grond en die geredelike beskikbaarheid van dienste kapasiteit in ag te neem.
Die stedelike grens word ook aangewend as intervensie om bepaalde doelstellings van wenslike stedelike ontwikkeling en transformasie na te streef, soos sosiale integrasie, ruimte-ekonomiese herstrukturering, volhoubare dienslewering of om landbou en natuurlike bates te beskerm.
Die stedelike grens is effektiewelik ‘n prioritisering van ontwikkelingsuitkomste oor die kort tot mediumtermyn en word siklies hersien, welke proses tans in George in verloop is.
Indien ‘n ontwikkelingsvoorstel nie bestaanbaar met ‘n ROR is nie, word dit beskou as ‘n afwyking.
Wetgewing magtig die besluitnemer slegs om so ‘n aansoek vir goedkeuring te oorweeg die afwyking regverdigbaar is tot die mate dat dit nie die oorhoofse doelstellings van die ROR ondergrawe nie.
Die term “smart growth” dui op die innoverende beplanningstrategie om ontwikkeling van onderbenutte en vakante gronde binne die bestaande stadsvorm te bevorder.
Gevolglik word verdiging en meer intensiewe grondaanwending bevorder.
Dit verhoed dat die stad onder lae aanwendingsintensiteit kruip na die periferie. Die intervensie dra by tot ‘n meer kompakte stadsvorm wat die munisipaliteit in staat stel om dienste op ‘n meer ekonomiese basis te lewer en te onderhou.
Die opbrengs wat die munisipaliteit uit meer intensiewe grondaanwending kan voortbring sal oor die langtermyn vir die munisipaliteit en gevolglik die verbruiker finansiële verligting bring en selfs lewenskostes vir die jonger generasies meer bekostigbaar maak.
Hierdie strategie hou verder voordele in vir privaat beleggers, die belastingbetaler en die munisipaliteit.
Deurdat hoër verbruikersdrempels bewerkstellig word kan besighede en openbare vervoerstelsels ekonomies meer volhoubaar funksioneer en is hierdie beleggings weerstandig in onstabiele ekonomiese toestande om sodoende drastiese terugslae soos wat tydens die ekonomiese resessie wat in 2010/2011 ervaar was, teen te werk.
In ‘n onlangse opname van ontwikkelbare vakante grond in George is bevind dat daar nog bykans 200 hektaar ontwikkelbare sake en nywerheidsgronde binne die huidige stedelike grense van George beskikbaar is vir nuwe ontwikkelings.
Die behoefte vir nuwe ontwikkelings in die afsienbare toekoms kan dus geakkommodeer word sonder dat daar nuwe paaie gebou en ander dienste geïnstalleer hoef te word wat later ook onderhou moet word.
George munisipaliteit is verbind tot die konstitusionele mandaat om ontwikkelingsgerig te wees.
Ons streef daarna om ‘n kwaliteit, lewenskragtige en bekostigbare ekonomise leef- en streeksentra te ontwikkel.
Die George Munisipaliteit verwelkom voorts inisiatiewe van die privaatsektor wat groei en ontwikkeling sal stimuleer.
Ons wil graag in ‘n samewerkende gees as vennote in volhoubare ruimtelike transformasie, hande vat met groeiende bestaande besighede asook nuwe beleggers en inisiatiewe om te verseker dat ontwikkeling van ons geliefde dorp sal bydra tot ‘n volhoubare, inklusiewe plaaslike ekonomie.
Read a related article: 'Take hands to let development happen'
'We bring you the latest George, Garden Route news'