GEORGE NUUS - Ten minste 66 opkomende kontrakteurs en 330 arbeiders, almal inwoners van George en voorheen werkloos, is die afgelope paar maande deur die George-munisipaliteit ingespan vir die opgradering van sypaadjies langs bestaande busroetes.
Altesaam 6,71 km veilige, toeganklike voetgangerpaadjies is met die projek geskep.
Buiten dat die sypaadjies gerieflike loopvlak bied vir GO GEORGE-passasiers om by bushaltes uit te kom, dra dit ook by tot die nasionale departement van vervoer se doelstelling om nie-gemotoriseerde vervoer te bevorder.
Volgens die munisipale bestuurder, Trevor Botha, is die sypaadjies 'n welkome opgradering van die paaie-infrastruktuur in George.
"Dit dra by tot die verbetering van ons stad. Die geld wat spandeer is op die bou van die sypaadjies het broodnodige werksgeleenthede geskep, en terselfdertyd veilige loopvlakke vir voetgangers gevestig," sê hy.
Die pad voor die sypaadjie gebou is.
Die sypaadjie maak dit veiliger vir voetgangers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'