GEORGE NUUS - Conville se skoolgemeenskap het verlede week ingespring en sakemanne asook individue genader vir enige donasies sodat hulle nie net kos aan leerders gee nie, maar ook die res van die skoolgemeenskap.
Sam Crowley, die hoof van Conville Primer, sê hulle was verras deur HTS Eden se onderwysers.
Hy sê hulle is regtig dankbaar vir almal se bydraes asook die ouers wat uit hul pad gegaan het om donasies aan te vra en op te tel.
Crowley sê hul idee is om waar moontlik elke dag kos aan die gemeenskap te voorsien.
Die groep onderwysers van HTS Eden wat 'n kosdonasie aan Conville se skoolgemeenskap gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'