Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Kinders en hul ouers is vanoggend in Pacaltsdorp ingelig oor die gevare van dwelms.
Dit was deel van 'n veldtog wat onder die vaandel van Up Lifting Hands gehou is. Dit is 'n Christelike gemeenskapsorganisasie.
Jacarandastraat is afgesper en lede van die gemeenskap, die polisie, SANCA en die George-munisipaliteit het dit bygewoon.
Sang en dans items is gelewer.
Mense wat al by dwelms betrokke was,het vertel van hul nagmerrie ondervindings.
Volgens Nita Hector,een van die organiseerders word nog sulke geleenthede beplan.
Kyk 2 video's hieronder.
'n Gebed word vanoggend gedoen voor die begin van Up Lifting Hands se geleentheid in Jacarandastraat Pacaltsdorp.
Klere is ook uitgedeel aan behoeftige mense tydens die geleentheid in Jacarandastraat Pacaltsdorp.
Van die kinders wat die geleentheid vanoggend van Up Lifting Hands in Jacarandastraat Pacaltsdorp bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'