GEORGE NUUS - Die 50-stuk plaaslike Carpe Musicam! Orkes deel graag hul musikale talent met die Tuinroete.
Hul komende konsert, Viennese Delights, is 'n vars aanbieding van gewilde Weense walse, marse, polkas en 'n paar ander opwindende verrassings.
Die Carpe Musicam! Jeugensemble gaan vir 'n paar uitgesoekte items saam met die orkes optree.
Die vertonings is as volg:
Vrydagaand 11 Maart (19:00) by Outeniqua Laerskool (h/v Cathedral- en Cradockstraat).
Kaartjies is beskikbaar by https://bit.ly/3vFY7yO.
Sondagmiddag 13 Maart (17:00) by Laminin Agora (8 km van Hartenbos op die Oudtshoorn-pad).
Vinnige skakel vir aanlynkaartjies: https://bit.ly/3tnucce.
Kaartjies sal ook 'n uur voor elke konsert, kontant by die deur te koop wees. Rig e-pos navrae aan elsabe@carpemusicam.co.za of besoek carpemusicam.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'