GEORGE NUUS - Tertuis Simmers, Wes-Kaapse provinsiale minister van menslike nedersettings, het kommentaar gelewer nadat vroeër aangedui is dat sowat 500 watertenks van 5 000 liter elk in die Wes-Kaap in informele nedersettings geplaas gaan word. Hy hoop dat al die watertenks teen die naweek in plek sal wees en gereed vir gebruik.
Volgens Simmers word 293 van die tenks buite die metro-gebied van Kaapstad geplaas. Minstens 80 kry 'n tuiste in die Tuinroete waarvan 20 in George.
Die Overbergse Waterraad hanteer dit namens die nasionale department van water en sanitasie en word in oorleg met die Wes-Kaapse department van menslike nedersettings gedoen.
Dit sal op strategiese plekke in die digbevolkte informele areas geplaas word en elke munisipaliteit besluit self waar dit geplaas moet word.
Indien daar tenks oorbly sal dit geplaas word in die mees semi-digbevolkte gebiede.
Die voorsiening van water sal help dat die mense hul hande kan was en so die verspreiding van die koronavirus keer. Die tenks word ook strategies geplaas om 'n opeenhoping van mense by waterpunte te voorkom.
Toekoms
Die watertenks sal ook help met algemene watervoorsiening wanneer die virus bekamp is. Die verhouding van waterpuntvoorsiening aan gesinne sal ook afgebring word tot een waterpunt vir drie gesinne. Op die oomblik is daar een waterpunt vir ses gesinne.
Volgens Simmers is die jongste gebeure 'n goeie voorbeeld van wat kan gebeur as die drie regeringsfere en nasionale entiteite soos die Overberg Waterraad saamwerk.
George-munisipaliteit
Die George-munisipaliteit het Maandag gesê luidens korrespondensie wat hulle van die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings ontvang het sal George 20 tenks ontvang. Die plasing van die tenks sal gedoen word na 'n evaluasie van die situasie.
Dit sluit in die landelike gebiede binne die munisipale grense van George waar daar inwoners is wat geen toegang tot water het. Die munisipaliteit sal seker maak dat die tenks gereeld gevul word.
Western Cape MEC for human settlements, Tertuis Simmers expressed hope that all the watertenks that are provided for some informal settlements, will be in place at the weekend and ready for use. Each municipality decides where its wants to place the tenks. In answer to questions, the George-municipality on Monday said:"In terms of correspondence received from the Western Cape Department of Human Settlements, 20 water tanks will be dispatched to George. The tanks are scheduled to arrive on the 6th April and installation will commence once the areas have been identified in conjunction with the appointed service provider. The size of the tanks was not communicated to the municipality. Due to the huge outcry from the rural areas within the municipal boundaries of George where inhabitants have no access to water, an assessment will be done today to determine the need and the placement of tanks where necessary. An assessment will also be conducted in informal settlements in George which is densely populated to determine the need and tanks will be scheduled to be placed in these settlements. The municipality will ensure that the water tanks are filled regularly.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'