GEORGE NUUS - Herstelwerk sal op Maandag 16 September deur Urwhebo-Transand onderneem word aan die pyplyn wat water vanaf die 9Ml-reservoir verskaf.
Die hoërliggende gebiede van Denneooord sal geen water hê nie, terwyl die laerliggende gebiede swak waterdruk sal ondervind.
Die water sal teen 08:00 afgeskakel word en die herstelwerk sal omtrent 5 ure duur, onderhewig daaraan dat geen komplikasies ontstaan nie.
Drie (3) watertrokke sal ontplooi word - by die Bergville Intercare-parkeerarea; Hoek van 6de Laan / Dennegeurlaan en die openbare speelterrein in St Paulstraat. Verskaf asseblief u eie houers.
'n Waterkar sal by Laerskool Denneoord gestasioneer word vir die duur van die wateronderbreking.
Ons bedank die publiek vooraf vir hul geduld in hierdie verband en vertrou dat die herstelwerk so vinnig as moontlik hanteer sal word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'