TUINROETE NUUS - Verkeer op die N2, rigting Kaapstad, word gemaan teen 'n vragmotor wat in die geelstreep-area by die Glentana-brug staan.
Die voertuig, wat saagsels vanaf Karatara na Worcester vervoer, se remme het vroeër vanaand aan die brand geraak.
Hoewel nooddienswerkers die situasie beveilig het, wag die vragmotorbestuurder op hulp om die remme te herstel voordat hy verder kan ry.
Na verwagting sal die vragmotor nog 'n geruime tyd die noodbaan versper.
Die vragmotor versper die noodbaan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'