GEORGE NUUS - 'n Vrou se liggaam, met veelvuldige steekwonde, is vroeër vanmiddag op die grondpad na Voëlklip, 'n gewilde visvangplek in Heroldsbaai, gevind.
Haar identiteit is onbekend.
'n Saak van moord word ondersoek.
Enigiemand met inligting word gevra om die George-polisie by 044 803 44 00 of Stop Misdaad by 08600 10111 te skakel.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'