GEORGE NUUS - ‘n Moorddossier is geopen ná die liggaam van ‘n 39-jarige vrou Saterdag 13 Julie onder ‘n bed in ‘n opslaanhuis in Bisonsingel, Parkdene gevind is.
Die liggaam was in ‘n duvet toegerol.
Die oorledene is die vorige dag deur haar pa as vermis aangemeld waarna lede van die publiek die volgende dag die verdagte se opslaanhut binnegedring het.
Hulle het die lyk onder die bed gevind en die polisie in kennis gestel.
‘n Man is Sondag 14 Julie in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy sal in alle waarskynlikheid môre in die Thembalethu-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'