GEORGE NUUS - ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen ná ‘n vrou (31) haarself na bewering in die aanhoudingselle van die Pacaltsdorp-polisiestasie aan haar serp opgehang het.
Die oorledene, van Pacaltsdorp, is gister in verband met ‘n diefstal in hegtenis geneem.
Sy sou môre in die George-landdroshof verskyn.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die voorval bevestig en navrae na die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) verwys.
Lees meer in Donderdag se George Herald.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'