GEORGE NUUS - 'n Vrou is met ernstige beserings deur Eden911-paramedici na die George-hospitaal geneem ná n Translux-bus haar vanmiddag motor in Knysnaweg getref het.
Sy moes met die hulp van meganiese kake uit die motor gehaal word.
Die ongeluk het by die verkeerslig wat na Le Vallia afdraai, gebeur.
Beamptes is besig om die toneel op te ruim.
Verkeer vloei stadig en motoriste word gevra om geduldig te wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'