GEORGE NUUS - Vandag is Moedersdag en me. Essie Alberste, 'n inwoner van Tuiniqua-versorgingsentrum, het gister (Saterdag 8 Mei) 'n vroeë Moedersdag geskenk van haar seun, Richard Alberste ontvang.
Richard se boek, 'Vision: The story of a seeing blind man', is amptelik by die George-biblioteek bekend gestel.
Dis 'n fiksie boek en die eerste wat hy geskryf het.
Richard is een van George se bekendste inwoners en talle mense ken hom as die man wat soggens van sy huis na sy werk by 'n bekende bankgroep in Yorkstraat stap.
Richard het oor die jare geleidelik begin blind word en het sy sig heeltemal verloor in die vroeë 80's.
Me. Albertse het gesê sy is baie trots op haar seun. Volgens haar het Richard al van kleins af geskryf. Hy was nog altyd kreatief en het daarvan gehou om met woorde te speel. Hy het ook musiektalent.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'