Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Woolworths-vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen ná die vragmotor wat hy bestuur het op Dinsdagoggend, 2 Maart, op die N2 omgeslaan het.
Die vragmotor het vanaf George in die rigting van Mosselbaai gery toe die bestuurder naby die Gwaiingrivier-brug in die gebied wat tans onder konstruksie is, beheer verloor het.
Die voertuig het die pad verlaat, in die middel deur die versperring gebars en aan die oorkant van die pad tot stilstand gekom waar dit in vlamme uitgebars het.
Albei bane van die N2 in die rigting van George was weens die ongeluk gesluit en verkeer is deur die lughawepad herlei.
Die vragmotor en vrag is totaal vernietig. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.
Die vragmotor en sy vrag is in die brand vernietig.
Kyk 'n video hieronder:
Previous articles:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'