Sanca se gemeenskapsgebaseerde program waar die persoon in die gemeenskap bly terwyl berading gedoen word, het al 'n paar suksesverhale opgelewer.
"Maar die uitdaging is dat dwelms maklik verkrygbaar is. Dus is die versoeking altyd daar en die maatskaplike omgewing is uiters uitdagend. Dit gaan grootliks daaroor dat die persoon sy omstandighede moet leer hanteer."
Dwelmmisbruik het 'n impak op die hele gemeenskap. "Die verslaafde steel, breek in en raak aggressief. Hulle ontwikkel later psigiatriese probleme en hul naasbestaandes sukkel gewoonlik met depressie oor wat hulle moet beleef."
Vir baie is daar nie uitkoms in sig nie. "Die polisie arresteer oortreders, maar môre is hulle weer uit."
Mense wat hulp soek, kan Sanca kontak by 044 884 0674.