Gallery
GEORGE NUUS - 'n Aand van vermaak, 'Verse by Kerse', is deur die ATKV-tak Sommernetons aangebied om plaaslike digters en aspirantskrywers 'n platform te bied om hul kreatiewe kuns op die verhoog op te voer.
Bejaardes het die geselligheid ondersteun en gedigte wat hulle van hul skooldae onthou, voorgedra. Hulle het baie mense op 'n nostalgiese reis geneem met gedigte soos Rietfontein se Leidam deur ID du Plessis en Winternag van Eugène Marais. Hul geheue met die opsê het gaste beïndruk.
Plaaslike musikant, Musisean het die gehoor vergas met sy eie Afrikaanse liedjies. Die aand was propvol vermaak met die Sommernetons-span wat ook 'n bydrae gelewer het met Afrikaanse liedjies, digkuns en monoloë.
Die takvoorsitter, Beverley Mckelly, het gesê Sommernetons sal meer geleenthede soos hierdie aanbied.
"Ons wil ons bejaardes hul plek in die kunswêreld verseker met hulle eiesoortige stories en liedjies. Kuns is 'n middel om deur kleurgrense te breek en mekaar se ryk kultuur te waardeer en te respekteer."
Janine Horne in aksie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'