OPVOLG: Johan van Jaarsveld (64) wat vroeër as vermis aangemeld is, is veilig gevind.
GEORGE NUUS - Johan van Jaarsveld (64) slaap snags by die nagskuiling, maar volgens 'n vriend is hy drie dae laas gesien. Hy is ook nie gewaar by plekke in George waar hy gereeld besoek aflê nie.
Sy verdwyning is by die polisie aangemeld.
Volgens 'n kennis van Van Jaarsveld, Cilla Smith wat in die Kaap woon, was hy ook nie opgeneem by enige van die hospitale nie. Sy sê hy het vroeër vanjaar 'n beroerte gehad en hy raak by tye deurmekaar.
"Ons is baie bekommerd. Indien ons hom kan opspoor gaan ons vir hom laat haal en elders stabiele woonplek organiseer," sê Smith.
Enigiemand met inligting word gevra om Smith by 084 559 1690 te kontak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'