Update
GEORGE NUUS - Die verdagte, Manfred Bruinders (28) wat Dinsdag 18 Oktober uit die George-laddroshof ontsnap het, is vroeër vandag, Donderdag 20 Oktober, weer in hegtenis geneem.
Bruinders was in aanhouding ná hy in Augustus op ‘n aanklag van huisroof in hegtenis geneem is. Hy het Dinsdag ná hy voor die hof verskyn het, ontsnap.
Die besonderhede rondom sy in hegtenisname word met die polisie opgevolg. Voorsitter van die George-gemeenskapspolisiëringsforum, Rupert Pretorius, het Bruinders se arrestasie bevestig. “Bruinders is pas weer gearresteer.
Dankie aan almal se ondersteuning en alle strukture wat betrokke was by hierdie operasie.Wel gedaan,” lui ‘n WhatsApp-boodskap van Pretorius.
Vorige artikel: Verdagte ontsnap uit George-hof
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'