GEORGE NUUS - Die polisie is op soek na 'n verdagte, wat op Dinsdag 18 Oktober uit die George-landdroshof ontsnap het.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, was Manfred Bruinders (28) in aanhouding ná hy in Augustus op aanklag van huisroof in hegtenis geneem is.
'n Betroubare bron na aan George Herald het vertel dat die verdagte ontsnap het ná hy Dinsdag voor die hof verskyn het. Besonderhede rondom sy ontsnapping is nog vaag, maar volgens onbevestigde gerugte het die verdagte na sy verskyning bloot by die hof uitgestap in stede daarvan om terug te gaan na die aanhoudingselle.
"Presiese besonderhede rondom die ontsnapping vorm deel van die ondersoek en kan nie in hierdie stadium bekendgemaak word nie," sê Spies.
Bruinders is laas in die Rosedale-gebied in Pacaltsdorp gesien. Enigiemand met inligting word gevra om die ondersoekbeampte, kapt. Thys Damons by 082 5363 906 te kontak.
The police are looking for a suspect who escaped from the George Magistrate's Court on Tuesday 18 October.
According to Southern Cape Police Spokesperson, Sgt Chris Spies, Manfred Bruinders (28) was in custody after he was arrested in August on charges of house robbery. A reliable source close to George Herald said that the suspect, Manfred Bruinders (28) escaped after appearing in court on Tuesday.
Anyone with information about the whereabouts of Bruinders is asked to contact the investigating officer Capt Thys Damons on 082 5363 906.
'We bring you the latest George, Garden Route news'