GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen ná die verskroeide liggaam van 'n man verlede week in 'n afgebrande leë duiwehok in Benjaminstraat, Rosedale, gevind is.
Die man, wie se identiteit nie bekend is nie, se liggaam is Vrydagoggend, 18 September om 03:45 onder die puin van die hok ontdek.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die man glo gereeld die hok as 'n slaapplek gebruik.
Die oorsaak van die brand is onbekend, maar geen misdaad word vermoed nie.
Pacaltsdorp police have opened an inquest docket after the scorched body of an unknown man was found in the debris of a burnt-out pigeon coop in Benjamin Street, Rosedale, on Friday 18 September. It is believed that the deceased frequently slept in the unused cage. No foul play is suspected.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'