Gallery
UNIONDALE NUUS - Inwoners van Uniondale het op Jeugdag, 16 Junie, die strate ingevaar en 'n duidelike boodskap aan dwelmbase gestuur, "We want our children back."
Oud en jonk het vreedsaam deur die strate gestap met kragtige woorde en gebede op die plakkate vanaf die Lyonville-gemeenskapsaal tot by die plaaslike polisiestasie waar hulle 'n memorandum oorhandig het.
Die memorandum is deur Women Against Drugs (WAD) aan adjudant-offisier DJ Meiring oorhandig en onderteken.
Pastoor Metik sê 'n bosemag en kringloop van vele verkeerde dinge oorheers die dorp en vernietig die jeug.
"Uniondale se inwoners, veral ons as ouers, wil ons kinders se lewens terugvat en vir hulle 'n veilige omgewing skep want elke kind verdien 'n gesonde en veilige kinder- en jeugfase," sê hy.
FOTOGALERY: Vreedsame optog op Uniondale
'Ons bring jou die nuutste Uniondale, Tuinroete nuus'