Update
UNIONDALE NUUS - Die polisie ondersoek sake van poging tot moord nadat drie betogers vroeër vandag in Uniondale raakgeskiet is.
Betogers het vroeg vanoggend toegangspaaie na Uniondale met brandende bande versper.
Die presiese gebeure rondom die skietery is nog onduidelik, maar volgens inligting het 'n boer van 'n plaas naby Uniondale op die betogers geskiet.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê voorlopige inligting dui daarop dat daar twee afsonderlike skietvoorvalle was. "Ons is besig om verklarings van slagoffers en ooggetuies te bekom. Die skietery is voortspruitend uit die onwettige optog. Ons het ook beslag gele op haelgeweer-doppies" sê Pojie.
"Die situasie is steeds plofbaar en word deur die polisie gemonitor," het hy bygevoeg.
Niemand is nog aangekeer in verband met die skietvoorvalle nie.
Die polisie het ook ses betogers in hegtenis geneem vir openbare geweld en dwarsboming van die gereg.
Die N9 is oopgestel vir verkeer nadat dit vroeër gesluit was. Die R339 tussen Uniondale en Avontuur is ook oop.
Lede van die publieke orde polisie (Pops), verkeer en wetstoepassingsbeamptes is nog op die toneel en monitor die situasie.
Die volgende is van die George-munisipaliteit ontvang:
Statement: Executive Mayor Melvin Naik, George Municipality - "The current protest situation in Uniondale has not been resolved with the access roads into Uniondale remaining blocked to traffic. I am aware that this started early this morning allegedly following a fire in an informal settlement yesterday that claimed the life of one person, however we have no confirmation if this is the actual reason for the protest as our records indicate that the Fire department responded within three minutes yesterday. Deputy Mayor Clarke visited the area earlier today as the Executive Mayor was engaged in a Special Council Meeting. No memorandum of grievances has been received. The Public Order Police remain in charge of the situation with our Fire department and Law Enforcement present."
Lees 'n vorige artikel: Situasie in Uniondale steeds plofbaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'