GEORGE NUUS - Die New Dawn Park Primêre skool het vanoggend ‘n anti-boelie optog voor hul skool gehou.
Dis in lyn met die Wes-Kaapse onderwysdepartement se anti-boelie maand.
Ruth Miller, die waarnemende hoof, sê skole is versoek om programme aan te bied ter bewusmaking en voorkoming hiervan.
“Ons skool het besluit op hierdie protesaksie om ook die gemeenskap bewus te maak. Die ouer is primêr verantwoordelik vir die vorming en opvoeding van hul kinders en die skool slegs 'n verlengstuk. Waardes begin by die huis.
"Huidiglik, ontbreek waardes en dis tyd dat ons moet opstaan en eienaarskap neem van ons gemeenskappe,” sê Miller.
New Dawn Park Primêre skool het vanoggend ‘n anti-boelie optog voor hul skool gehou.
Die protesaksie was vir antie-boelie maand en ook gerig op bewusmaking.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'