GEORGE NUUS - Kraaibosch-verdagte weer in die hof
Die borgtogaansoek van die moordverdagte, Johnathan Claasen (31), is verlede Vrydag tot 7 November uitgestel.
Die beskuldigde se regsverteenwoordiger was vir 'n derde keer in 'n ander hofsaak betrokke ten tyde van sy verskyning.
Claasen word daarvan aangekla dat hy op 18 Maart vanjaar die 77-jarige Isabella Kruger by haar huis in Kraaibosch Estate Village vermoor het.
* The bail application of murder suspect Johnathan Claasen (31), was postponed to 7 November as his lawyer was double booked for the third time. Claasen is accused of murdering 77-year-old Isabella Kruger at her home in Kraaibosch Estate Village on 18 March this year.
Lasbrief vir NMU-studente
Net 15 van die 19 NMU-studente wat in verband met verlede jaar se plaaslike Fees Must Fall-protesoptog in hegtenis geneem is, het verlede Vrydag die hofverrigtinge in die George-landdroshof bygewoon.
'n Lasbrief vir die arrestasie van die vier studente wat nie opgedaag het nie, is uitgereik. Agt studente is verlede jaar in verband met die plaaslike protesoptog vir minagting van 'n hofbevel en publieke geweld in hegtenis geneem en vroeër die jaar nog 11. Die saak is tot 22 November uitgestel.
* The case against the NMU students who were arrested in connection with the Fees Must Fall campaign last year, appeared in the George Magistrate's court last Friday.
Warrants of arrest were issued for the four students who did not attend court proceedings and the case was postponed to 22 November for tracing.
Eight of the students were arrested for contravention of a court order and public violence last year and 11 more students, who were allegedly implicated in the protest action, were arrested earlier this year.
Dokter se aanvaller in aanhouding
Die man wat daarvan aangekla word dat hy dr. Jane Prinsloo verlede maand by die Pacaltsdorp-kliniek aangerand het, het Maandag 23 Oktober in die George-landdroshof verskyn.
Hy bly in aanhouding onder die toesig van korrektiewe dienste. Prinsloo was aan diens toe sy deur 'n 30-jarige pasiënt, vermoedelik 'n geestesversteurde persoon, by die kliniek met 'n boutroffel onder die een oog gesteek is.
Op 13 Oktober het 'n lid van sy familie blykbaar in die hof getuig rakende sy geestestoestand.
Die saak is uitgestel tot 23 November vir psigiatriese evaluering.
* The man charged with assaulting a doctor at the Pacaltsdorp Clinic last month appeared in the George Magistrate's court on Monday 23 October. He remains in custody under the supervision of correctional services. The case was postponed until 23 November, pending a psychiatric evaluation.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'