GEORGE NUUS - Bordeelsaak uitgestel
Twee vroue van Beaufort-Wes, Anelize van Vuuren (48) en Amelia de Klerk (31), wat in November 2016 in hegtenis geneem is vir die bedryf van 'n bordeel, het verlede Donderdag in die George-landdroshof verskyn. G
eorge-polisie se kommunikasiebeampte, konst. Rachel Hendriks, wou nie bevestig waar die bordeel in George was of waar die vroue in hegtenis geneem is nie.
Drie persone, twee vroue en 'n man, is ook in November 2016 by 'n beweerde bordeel in Cradockstraat aangekeer. Die verdagtes, almal Chinese, is tydens 'n geheime operasie (Sting) deur lede van die Valke aangekeer.
Die polisie kon nie bevestig of hierdie twee sake met mekaar verband hou nie. Die saak teen Van Vuuren en De Klerk is tot Dinsdag 22 Augustus uitgestel vir 'n pleitooreenkoms.
Two women from Beaufort West, Anelize van Vuuren (48) and Amelia de Klerk (31), who were arrested in November 2016 for keeping a brothel, appeared in the George Magistrate's Court last Thursday. The case was postponed until Tuesday 22 August for a plea agreement.
Gevonnis vir besit van tik
'n 37-jarige man is verlede Donderdag tot ses maande tronkstraf, opgeskort vir drie jaar, of 'n boete van R2 000 in die George-landdroshof gevonnis. Jonathan McFollen is op 28 Julie 2016, glo twee dae na sy seuntjie gesterf het, by die taxistaanplek in die middedorp vir die besit van tik in hegtenis geneem.
Hy het twee eenhede (ongeveer 60g) van dié dwelm in sy besit gehad tydens sy inhegtenisname. Luidens sy verklaring wou hy die dwelms gebruik om die dood van sy kind te verwerk. Hy was ook vir 'n maand deel van 'n rehabilitasieprogram in Kaapstad en volgens hom het hy sedertdien nie weer dwelms gebruik nie.
A 37-year-old man appeared in the George Magistrate's Court last Thursday for the possession drugs. John McFollen was arrested on 28 July 2016 with approximately 60g of Tik in his possession.
Kraaibosch-moord
Die borgtogaansoek van moordverdagte, Johnathan Claasen (31), is verlede Vrydag tot 25 Augustus uitgestel. Die beskuldigde se regsverteenwoordiger was in 'n ander hofsaak betrokke ten tye van sy verskyning. Claasen word daarvan aangekla dat hy op 18 Maart vanjaar die 77-jarige Isabella Kruger by haar huis in Kraaibosch Estate Village vermoor het.
The bail application of murder suspect Johnathan Claasen (31), was postponed to 25 August. Claasen is accused of murdering 77-year-old Isabella Kruger at her home in Kraaibosch Estate Village on 18 March this year.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'